Streek-Redenaars

Dirco Slabbert, ‘n graad 7 leerder van Laerskool Koedoeskop, het aan die Streek-Redenaars deelgeneem wat in Warmbad aangebied is. Tydens die geleentheid het hy deurgedring na die volgende rondte wat Vrydag 30 Mei te Pietersburg sal plaasvind.