Sani2C oorwin deur Thabazimbi fietsryers

Johan en Wilma agter en David voor op die eerste dag van die skof.
Johan en Wilma agter en David voor op die eerste dag van die skof.

Drie van Thabazimbi se fietsryers het onlangs deelgeneem aan die moordende Sani2C skof bergfietswedren.
Die wedren wat by Underberg, aan die voet van die bekende Sani-pas, begin en na drie by Scottburgh aan die KwaZulu se Suidkus eindig, trek sowat 1500 deelnemers (750 spanne) van die land se beste bergfietsryers. Die daaglikse afstande het gewissel van 82km (dag1); 102km (dag2) en 86km (dag3).
Thabazimbi was verteenwoordig deur Riaan Nagel en Wilma Pienaar in die gemengde span, terwyl Johan Pienaar saam met David Brewer van Pretoria in die mans-afdeling deelgeneem het. Uiteindelik eindig Wilma en Riaan onder die eerste twintig spanne in hul kategorie te midde van heelwat professionele spanne se deelname.