Partytjie by Northam VLU

Die verjaarsdagdames vlnr: Tannie Hannetjie du Plessis, Marinda Gagiano, Maritza Hasebroek, Annatjie de Waal en Mari Meinjes (huweliksherdenking). Afwesig: Jenny Streak.
Die verjaarsdagdames vlnr: Tannie Hannetjie du Plessis, Marinda Gagiano, Maritza Hasebroek, Annatjie de Waal en Mari Meinjes (huweliksherdenking). Afwesig: Jenny Streak.

NORTHAM – VLU Northam Tak het heerlike vergadering gehou op 22 Mei te Northam Boerevereniging. Die dames is herinner aan die belangrikheid van kompetisie artikels.
Daar is ook gesamentlik besluit om die nood in Rustenburg te help verlig na aanleiding van die staking. Skenkings is gemaak wat deur die dames geneem sal word vir Saamstaan Rustenburg. Bewustheid van betrokkenheid is baie belangrik.
Na die vergadering het hulle iets heel anders gedoen. Aangesien daar soveel was om te vier, is daar besluit om partytjie te hou! Daar was vyf dames wat verjaar het en hulle het ‘n huweliksherdenking van 37 jaar gehad (jip met dieselfde man)….
Die gasvrouens van die dag was Isobel Cahill en Anzelle van Wyk. Speletjies is gespeel en daar was omtrent lekker gelag.
Geskenke is aan die verjaardagdames uitgedeel en verder is daar net rustig lekker gekuier . Vir verdere navrae, kontak ons skakelbeampte Rene Laas op 073 4299 411

Plaaitjie van die maand: Hannelie Botha en Marinda Gagiano.
Plaaitjie van die maand: Hannelie Botha en Marinda Gagiano.