HFM Wintersport uitslae

THABAZIMBI – HFM was weer besig met sport op 17 en 24 Mei 2014. Op die 17de is daar teen Hoërskool Hans Strijdom gespeel en het die leerders hul beste uitgehaal.
Hier volg die netbal uitslae teen Hans Strijdom op 17 Mei:
0/16 A wen 36-7, tweede span wen 22-4 en die eerste span wen 47-7.
Die hokkie uitslae vir 17 Mei 14A speel gelyk 1-1, 15 A wen 3-0, 16A wen 2-0 en die eerstespan verloor 2-4
Rugby uitslae teen Hans Strijdom. 0/14 teen ‘n gekombineerde span verloor 5-22, 0/14A wen 62-7, 0/15A wen 12-10, /016A verloor 20-23, Tweedes wen 20-14 en die eerstepsan wen 27-5
Saterdag 24 Mei, is daar kragte gemeet teen Hoërskool Montana wat, as daar na die punte gekyk word, ‘n effens sterker kompetisie vir HFM is.
Netbal 0/14 B verloor 4-18, 0/14 A verloor 7-36, 0/15 B verloor 13-15, 0/15 A wen 26-14, 0/16 B verloor 19-26, 0/16 A verloor 20-25, 0/17 B wen 19-17, 0/17 A verloor 28-33, 0/18 B wen 25-13 en 0/18 A wen 35-25.
Hokkie uitslae 14A verloor 2-3, 14B verloor 0-1, 15A wen 2-0, 15B speel gelykop 1-1, 16A verloor 0-3, 16 B verloor 0-2, tweede span speel gelyk op en die eerstespan wen 3-2
Rugby uitslae teen H/S Montana, 14B verloor 0-45, 14A wen 22-15, 15B verloor 0-14, 15A verloor 7-15, 16B verloor 5-29, 16A wen 28-7, derde span speel gelyk 10-10, tweede span verloor 5-34 en die eerstespan verloor 15-17.

HFM Gholf spelers het op 16 Mei teen Piet Pot en Warmbad gespeel en hulle uitslae is as volg: A span wen 4-0 teen Warmbad en B-span wen gemaklik teen Piet Pot 3-1 en die C-span verloor ongelukkig teen Piet Pot. Armand Azar en Clements Steenkamp speel uitstekende gholf en Armand slaan 71 houe en Clemenst 76.
Die Gholf B en C spanne het op 23 Mei teen Heuwelkruin en Nylstroom gespeel. Die dag het reeds vroeg begin en die seuns het al 07:30 afgeslaan. HFM het uitstekende gholf gespeel en die uitslae is soos volg.
Die B-span wen Nylstroom 3-1 en wen teen Heuwelkruin 3-1. Die C span wen Heuwelkruin 4-0.
Armi Schlebush speel uitstekende gholf, speel slegs 74 houe. Adriaan de Lange speel ook sy beste rondte vir die seisoen en slaan 79 houe. Hierdie sportmanne word baie geluk toegewens.