Graad 3 uitstappie na KUMBA Thabazimbi

Die Graad 3 leerders van Laerskool Thabazimbi het op Vrydag 16 Mei ‘n heerlike pretdag by Kumba gehad. Emmanuel Michael, sy vrou Mietha en Tshego Kgotlang het die leerders die hele dag in narpakke vergesel. By die laboratorium het Italian Mashego hulle vertel van die yster wat uitgehaal word en ‘n paar eksperimente gewys. Die seuns het verwonderd na die massiewe trokke gekyk. Die leerders is baie bederf met geskenkies, hulle gesiggies is geverf, springkastele is op gespring en heerlike eetgoed was ook op die dag se aktiwiteite. ‘n Opregte dankie aan mev Cornelia Holtzhausen, Emmanuel Michael en die Kumba personeel vir hierdie onvergeetlike dag.DIGITAL CAMERADIGITAL CAMERA