VLU Kongres – Strewe Tak

Die dames van Strewe tak wat by die Kongres lekker gesellige gekuier het
Die dames van Strewe tak wat by die Kongres lekker gesellige gekuier het

MAKOPPA – Soos in verlede week, 16 Mei se uitgawe berig is, was die VLU se jaarlikse kongres vir die Noordelike streek, gehou op 5 en 6 Mei.
Die Strewe tak het hulle Mei maand op ‘n baie besige wyse afgeskop deur dié kongres by te woon. Die dames het dit so geniet, soos gewoonlik was daar werklik pitkos vir die siel en ook padkos vir die maag.
Dit was vir die Strewe tak ‘n onvergeetlike tyd en die kompetisie artikels was soos gewoonlik van hoogstaande gehalte en die uitstallings was ‘n moet vir elke vrou.
Die Strewe tak het op Dinsdag 20 Mei weer soos oudergewoonte byeengekom vir hul maandelikse vergadering, waar die dames hard gespook het aan ‘n nuwe tegniek – prik-en-stik – wat ook reg in die kraal val van volgende jaar se kompetisie artikels vir die Kongres. Vir meer inligting kontak gerus vir Ilna by 082 774 8803.