Thabazimbi Wildsfees, ‘n wildsfees soos dit moet wees…

THABAZIMBI – Die 31ste jaarlikse Thabazimbi Wildsfees by Hoërskool Frikkie Meyer, aangebied deur Hilltop Live, se program vir 28 Junie is pas bekend gemaak! Daar is aktiwiteite vir jonk en oud en almal tussen in, pret en plesier vir die hele familie word beloof en stalletjies na elke smaak sorg vir ure se eet- en koopgenot.
Robbie Wessels sluit die jaar aan by Thabazimbi Wildsfees, hy is ‘n kunstenaar eie in sy soort. Hy kan jou laat lê van die lag, maar hy kan jou ook diep laat dink. ‘n Grapjas is hy beslis, maar dis ook daardie ander sielvolle kant wat hom oor die jare ‘n groot gunsteling onder Afrikaanse musiekaanhangers gemaak het.
Ander kunstenaars vir die jaar sluit in Chenelle, Zandre, Dans Dans Lisa, Dewald Wasserfall, Blackbyrd en DJ Ossewa vir ‘n program waar kunstenaars die verhoog vol hou van vroeg tot lank na die perde huis toe kom.
Die beplande program sien so daaruit:
08:00 Hekke en stalletjies maak oop
09:00 is daar ‘n Wildspraatjie
10:00 begin die kinderaktiwitiete
10:30 tree Chenelle op
11:00 is dit ons eie Thabazimbi Idols
12:00 Mej Wildsfees
13:00 tree Zande op
13:45 Dans Dans Lisa
14:45 Dewald Wasserfall
15:30 Bokafslag tyd
17:00 Wildswors Braai Kompetisie
17:15 Natuurlik RUGBY
17:40 Toutrek kompetisie en Jagpakette veiling (rugby se halftyd)
19:00 Blackbyrd
20:00 Robbie Wessels
21:00 DJ Ossewa
Afterparty in die biertuin met Canadian Tuxedo’s
Boogskies, hengel en skryfskiet vind ook plaas maar nie op die feesterrein nie.
* Die program is onderhewig aan veranderings.
Kaartjies sal by die hek beskikbaar wees teen R100 op die dag
Kinders onder 12 jaar R20 ook op die dag.
Met die aanloop na die Wildsfees sal daar verskeie kompetisies loop op die amptelike Thabazimbi Wildsfees Facebook blad. Bly op datum met al die nuus, aankondigings en kompetisies by www.facebook.com/thabazimbiwildsfees
Kom kuier saam met die Thabazimbi Sakekamer op ‘n aand vol glinster en glans en almal word uitgenooi om saam met besigheidskollegas, vriende of selfs familie die jaarlikse Wildsfeesdinee te kom geniet. Die koste per kaartjie beloop R350,00 waarvan ‘n gedeelte vir die plaaslike pogings teen renoster / wildstropery in ons omgewing gaan en ‘n klein gedeelte vir die Thabazimbi Sakekamer om ons plaaslike ekonomiese ontwikkelingspogings te bevorder.
Die spyskaart bevat geregte soos wildsbiltongtruffels, rooibokpatee op geroosterde Franse broodjies en waterbokworsies op ‘n stokkie met kersiematee, met hoofgeregte wat insluit Eland Bobotie, Koedoe Trinchado, Vlakvarkworsies en Wilde Hoender Torta en sal goed ondersteun word deur die pragtige musiek van ‘Die Anders’ Orkes.
Om jou kaartjie te bespreek of vir enige verdere navrae, moet asseblief nie huiwer om te bel (083 303 9230) of te e –pos nie. Beperkte plek beskikbaar.