Thabazimbi is hartseer

Martie Robbertse, van Setaria, is skielik gister, 21 Mei oorlede in ‘n motorongeluk. Sy laat haar man en twee seuns agter.
Martie Robbertse, van Setaria, is skielik gister, 21 Mei oorlede in ‘n motorongeluk. Sy laat haar man en twee seuns agter.

THABAZIMBI – Gister oggend, 21 Mei is nog ‘n lewe geëis op die Thabazimbi-Northam pad naby Jood se dam. ‘n Motorongeluk het die lewe van die 44 jarige Martie Robbertse was werksaam by die mediese stasie te Amandelbult, geëis. Een van haar seuns wat saam met haar in die voertuig was, is ernstig beseer. Volgens die mense wat haar geken het was sy ‘n borrelende lewendige en vriendelike mens, en sal sy voorwaar gemis word.

Sy laat haar man Marius en twee seuns agter naamlik Irvan en Divan woonagtig in Setaria. Met druktyd kon Kwêvoël nog nie uitsluitsel kry oor wat gebeur het nie en of enige begrafnis reëlings al gemaak is nie.