Ploeg kompetisie

21-Janco ploeg

Janco Joubert (regs),‘n oud Thabazimbi leerling, het aan die ploeg kompetisie deel geneem te Hoërskool Bekker op 10 Maart 2014 waar hy eersteplek gewen het met 98%. Hy het gekwalifiseer om op NAMPO deel te gaan neem op Dinsdag13 Mei 2014 en daar is hy derde beste ploegman in SA. Hy is tans ‘n leerling by Hoërskool Bekker en is die eerste Gr. 8 wat deel geneem het en almal uitgeskakel het van Gr. 8 tot Gr. 12. Op die foto ontvang hy die beker vir derde plek op NAMPO.