Northam Boerevereniging na NAMPO

21-Nampo
Lede van die Northam Boerevereniging wat na NAMPO was in Bothaville op 20 Mei.

BOTHAVILLE – Lede van die Northam Boerevereniging het Dinsdagmôre, 20 Mei die ysige koue getrotseer en vertrek met ‘n luukse bus Bothaville toe om NAMPO te besoek. Die weer was heerlik, en daar is heeldag tussen die stalletjies gekuier en gekoop. Dinsdagaand het hulle oorgeslaap in Potchefstroom, waarna die bus die volgende oggend weer terug gegaan het NAMPO toe vir ‘n tweede dag.
Die lede het spoggerig gelyk met hul geborgde hemde met die Boerevereniging se embleem op geborduur wat deur Obaro geborg is.
Northam Boerevereniging wil graag ander borge bedank: Victor Potgieter Makelaars en Thabazimbi SPAR en elkeen wat deel gehad het aan die suksesvolle uitstappie, word ook ‘n word van dank betoon.
Indien enige iemand meer wil weet oor die werksaamhede van Northam Boerevereniging, skakel die Administratiewe Beampte, Mari Meintjes by 0820864915.