Laerskool Koedoeskop – Rugby

21-Koedoeskop rugbyDrie seuns van Laerskool Koedoeskop het deurgedring na die finale proewe van die provinsiale 15 tal rugbyspan. Die drie seuns is JT Cronjé, Luan Botha en JB du Toit. Saam met hulle is die hoof, meneer Gustav Grobler wat optree as die provinsiale 15 tal spanbestuurder. Die seuns speel Vrydag, 23 Mei, teen die Leeus te Krugersdorp. Hulle is op die foto vlnr agter: Meneer Gustav Grobler (Hoof), Voor: Luan Botha, JB du Toit en JT Cronjé.