Jagkaartjie Kompetisie Wenner!

21-LS v Wyk PondokTHABAZIMBI – Die trekking van Laerskool van Wykskraal se jagkaartjie kompetisie ten bate van die skool se Kaaldraai skoolbus is gehou op Vrydag 16 Mei 2014 te Pondok. Mnr Theunis Lee, ‘n plaaslike ouditeur het seker gemaak dat al die kaartjies in die houer was, en Jandrè Lynn, vanjaar se hoofleier by Laerskool Van Wykskraal en ‘n leerder wat elke dag met die bus skool toe ry, het die wenner getrek.
Die wenner van die gesogte prys was die besigheid Acqua Vivente. Mnr Du Preez van Acqua Vivente is van Pretoria en die ouers wil hom en alle ander deelnemers wat hulle ondersteun het in die projek hartlik bedank. Ons wil ook al die ouers wat so ywerig kaartjies verkoop het bedank vir hulle harde werk.

Foto links: Vlnr: Mev Ilna Schutte (bus ouer), Mev Nicolette Coetzee (bus ouer en eienaar van Pondok), Jandrè Lynn (hoofleier Laerskool Van Wykskraal) en Henry Lynn (bus ouer).