HFM wintersport uitslae

THABAZIMBI – Saterdag 17 Mei het HFM weer gasheer gespeel vir die wintersport, hierdie keer was die Netbal, Rugby en Hokkie spanne teen H/S Hans Strydom.
Die Netbal uitslae is as volg:
0-16A wen 33-1, tweedespan wen 22-4 en die eerste netbalspan wen 47-7.
Die Rygbyspanne het soos volg gevaar:
0/14 teen ‘n gekombineerde span verloor 5-22, 0/14 A wen 62-7, 0/15A wen 12-10, 0/16 A verloor 20-23, tweede span wen 20-14 en die eerste span wen 27-5.
Die hokkie se uitslae is as volg:
14A span speel gelyk op 1-1, 15A wen 3-0, 16A wen 2-0 en eerstespan verloor 2-4.