Familiepret Gholfdag vir Spitskop Special Needs School

AMANDELBULT – Dit is met groot opgewondenheid wat Spitskop Special Needs School hul eerste Familiepret Gholfdag aanbied. Die kompetisie word op 31 Mei by die Amandelbult Gholfklub aangebied. Dit gaan ‘n 4-balformaat wees met afslaantyd vanaf 10:00.
Alle fondse wat geïn word met hierdie geleentheid, sal aangewend word ter verbetering van die lewens van ‘n groot aantal kinders met spesiale behoeftes in Thabazimbi en omgewing. Die skool groei met rasse skrede soos wat kinders by hoofstroomskole in die omgewing geïdentifiseer en gediagnoseer word met spesiale behoeftes. Die behoefte aan opleidingsmiddels en terapeute groei dus saam.
Die skool vier hierdie jaar sy eerste bestaansjaar en wil graag die gemeenskap bedank vir hulle volgehoue ondersteuning om van hierdie spesiale skool ‘n sukses te maak. Elke persoon wat tot dusver en in die toekoms gaan ondersteun, word opreg bedank deur die beheerraad, personeel en ouers van Spitskop Special Needs School.
Die gemeenskap van Thabazimbi en omgewing word dus uitgenooi om deel te wees van hierdie grootse poging deur putjies en/of pryse te borg. Vir meer inligting, borgvorms, spelerinskrywingsvorms kontak gerus vir Salomien Snyman (072 463 3657) of Sanet Basson (082 686 2473).