BUCO span saam

THABAZIMBI – Die plaaslike BUCO tak in Thabazimbi het op 20 Mei 2014 ‘n projek van stapel gestuur waarmee hulle die minder bevoorregte gesinne wat sukkel in die swaar tye van hulp wil wees.
BUCO het reeds ‘n bestaande projek waarmee hulle ‘n geruime tyd besig is naamlik die Emmerprojek, wat deur Henk Brits en sy vrou georganiseer word. Hierdie projek behels dat minder gegoede gesinne met ‘n emmer voorsien word waarin nie bederfbare voedsel items gepak is om hul voedsel nood te verlig. Die nuwe projek naamlik die Broodjie Projek het hierdie pas afgelope week begin, waar hulle broodjies by die skole sal aflaai.
BUCO benodig enige kos soorte wat nie kan bederf nie, blikkies kos, rys, pastas ens, en vir die broodjie projek verkies hulle die donasies in kontant-vorm aangesien hulle dit op ‘n daaglikse basis vars moet voorsien.
Die goedere kan afgelewer word by BUCO Thabazimbi en sal dan van daar af in die twee verskillende projekte gedeel word.
Soos ons almal weet is dit swaar en moeilike tye vir almal, maar elke donasie of dit nou R10 of ‘n pakkie sop is kan ‘n wêreldse verskil maak aan die mense wat sukkel.
Hulle nooi almal wat wil om asseblief deel te wees en te ondersteun.