Besigheids-/Kontrakteurs Gholfdag

THABAZIMBI – Die Besigheids-/Kontrakteur Gholfdag is aangebied deur Thabazimbi Posduifklub en dit was ‘n reuse sukses op Saterdag 3 Mei.
Die wenspan van Platinum Water wat die wisseltrofee verower het, bestaan uit MG van Greuning, Japie Stassen, Hein Peens en S van Eysen met 108 punte gewen.
Die span van Diesel Elektric met Nico vd Westhuizen, Wiaan vd Westhuizen, Nico vd Westhuizen Jnr en Bokkie Bronkhorst was tweede op 107 punte.
Die span wat East Rand Cranes verteenwoordig het, Terry Dearlove, Christo Grobler, Nika en Harry Bense was derde met 105 punte.
Die Kwêvoël se span ook op 105 punte was vierde met Esme en Chappies Behrens, Luzaan Combrink en Jerry Shongwane.
Die dag het ook sy hoogtepunt gehad, toe Louise van Graan ‘n “putjie in een “ gehad het op nr 7.
Dankie aan die Gholfklub en spesiaal aan Jannie en Louise van Graan vir hul hulp met die reëlings.
Thabazimbi Posduifklub wil dankie sê vir al die borge en ‘n spesiale dank aan die hoofborg DUST-A-SIDE –George Basson vir sy groot bydrae.
Dankie ook aan al die Posduifklub lede vir hulle hulp en bydrae. Dit was ‘n lekker kuieraand by die klub met ‘n baie goeie gees. Volgende jaar maak ons weer so! Dankie aan die Kwêvoël vir elke week se plasing van die advertensie en ook hierdie berig-dankie Pieter.

Louise van Graan het ‘n “putjie in een” gehad met die 7de gaatjie, by haar is Glen van Rooyen.
Louise van Graan het ‘n “putjie in een” gehad met die 7de gaatjie, by haar is Glen van Rooyen.
Die Hamper is gewen deur mnr Jurie Smit van BH24. Vlnr staan Nico vd Westhuizen jnr, Nico vd Westhuizen snr, Jurie Smit en Glen van Rooyen.
Die Hamper is gewen deur mnr Jurie Smit van BH24. Vlnr staan Nico vd Westhuizen jnr, Nico vd Westhuizen snr, Jurie Smit en Glen van Rooyen.