VLU Noord Kongres met Hykie en Tannie Poppie

Die VLU Noord Kongres het op 5 Mei 2014 te Weesgerus afgeskop. Die program was soos gewoonlik weer stampvol met interessante praatjies en demonstrasies.
Hykie Berg, baie indrukwekkende jongman en inspireerend daarby, was een van die sprekers. Hykie het die dames mooi insig gegee oor vergifnis en die pad wat God met hom geloop het. Dit was voorwaar ‘n voortreflike praatjie en baie leersaam gewees.
Tannie Poppie Coetzer van Kokkedoor het ‘n demonstrasie en praatjie gelewer (sien vrouens kan meer as een ding op ‘n slag doen). Sy het vertel van haar ondervinding tydens die Kokkedoorkompetisie en hoe die Here ook haar lewe daarna ingrypend verander het. Daar was baie kompetisie artikels en die stalletjies was voortreflik en baie smaakvol.
Die dames van die VLU het regtig lekker saam gekuier tot laatnag toe in die kamers is hul kuier voortgesit. Hoe dan anders met ‘n klomp vrouens saam in ‘n Chalet?
Die VLU se kunstenaar van die jaar was Elizabeth Kendall en die skrywer van die jaar Lizette Snyman.
Die hoop is uitgespreek om almal volgende jaar by die kongres te sien. Dit is pret en baie leersaam vir alle vrouens. Vir verdere inligting skakel die skakelbeampte Rene Laas by 073 4299 411

Hykie Berg wat as gasspreker tydens die kongres opgetree het.
Hykie Berg wat as gasspreker tydens die kongres opgetree het.
Die dames wat die kongres bygewoon het was van links agter: Mari Meintjes, Adelle Langley, Marinda Gagiano, Rene Laas, Maritza Hasebroek en Celia Goossen. Voor: Annatjie De Waal, Tannie Hannetjie Du Plessis, Dina Smith en Annatjie Dreyer.