Saamwerk Boerevereniging hou tydren op Dwaalboom

Dwaalboom – Dit was omtrent ‘n aksiebelaaide dag op Saterdag 26 April by die Saamwerk Boereverenigingsaal op Dwaalboom! Enjins het gebrul, rubber het gebrand, stof is opgeskop en navigeerders moes kophou, terwyl luidrugtige toeskouers aanmoediging en raad van die kantlyn af aangebied het.
Tydrenne is nie ‘n onbekende in Dwaalboom nie, maar dit was vanjaar die eerste keer dat Saamwerk Boerevereniging dit aanbied. Enige tipe voertuig kon inskryf, 4×4’s, gewone bakkies, vierwielmotorfietse tot gholfkarretjies en die uitdagings was geskik vir die hele gesin. Vir dié wat nie wou deelneem nie, was daar hope aksie op die spyskaart.
Die tydren is opgestel en deurgans gekoördineer deur professionele beamptes. Dit het uit ‘n tydren-baan en ‘n toets-baan bestaan. Die tydren-baan is uitgelê langs ‘n roete deur verskeie wildplase op die Botswana grens, met ‘n hele klomp kontrolepunte wat in presiese tye voltooi moes word. Dit was dus nie ‘n tradisionele “jaag-resies” nie, maar wel een waar goeie navigasie, ‘n akkurate odometer, ‘n stophorlosie, bietjie wiskunde en ‘n strafdop op die halfpad-merk jou die wenplek kon laat verdien. Ons wens dan graag die tydren-wenspan

Stof was daar genoeg, Saterdag 26 April by die Saamwerk Boereverenigingsaal op Dwaalboom! Enjins het gebrul, rubber het gebrand, stof is opgeskop en navigeerders moes kophou, terwyl luidrugtige toeskouers aanmoediging en raak van die kantlyn af aangebied het. Op die foto druk ‘n tydnemer die stophorlosie se knoppie soos ‘n deelnemer uit die stofwolk aangestorm kom.
Stof was daar genoeg, Saterdag 26 April by die Saamwerk Boereverenigingsaal op Dwaalboom! Enjins het gebrul, rubber het gebrand, stof is opgeskop en navigeerders moes kophou, terwyl luidrugtige toeskouers aanmoediging en raak van die kantlyn af aangebied het. Op die foto druk ‘n tydnemer die stophorlosie se knoppie soos ‘n deelnemer uit die stofwolk aangestorm kom.

vir 2014, bestaande uit Johan Marais, Gerhard van den Berg, Zander en Morné hartlik geluk met hierdie oorwinning! Hierdie PPC-hardebaarde en hul seuns stap weg met ‘n fantastiese naweekjagpakket op ‘n wildsplaas in Dwaalboom. In die tweede plek was Dwaalboom boertjies, pa-en-seunspan Isak en Christiaan Welgemoed. Hulle het vir hulself ‘n pragtige njala-karkas losgeslaan.
Na voltooiing van die tydren was dit tyd om die toetsbaan by die boereverenigingsaal aan te durf. Nou het die ego’s behoorlik begin praat en was daar geen tekort aan aksie nie! Hier was die reëls eenvoudig: as jou wiele ‘n paar wilde draaie kon maak, jy nog gare deur ‘n naald se oog kon steek, jy ‘n vetkoek sonder hulp van jou hande kon verslind en ‘n kleuterskool-puzzle kon baasraak, in natuurlik so min tyd as moontlik, was jou kanse goed om een van vele ander pryse op te raap. Hartlik geluk aan ons twee plaaslike boere, Drickus Verster en Eon van Aarde! Hulle is die wenspan van die voertuigafdeling. Die trotse wenner van die vierwielmotorfiets afdeling is Louis van Deventer jr, ‘n plaaslike boerseun en leerling van Hoërskool Frikkie Meyer.