SA skopboksspan na Wêreld Kampioenskappe

THABAZIMBI – Die amptelike span om na die Wêreldkampioenskappe te gaan, is Dinsdag,13 Mei aangekondig. Uit Thabazimbi geledere is die hele span gekies wat aan die Suid Afrikaanse kampioenskappe deelgeneem het op 3 en 4 Mei. Uitgelese vegters wat reeds internasionale ondervinding opgedoen het sal die “world amature kickboxing organisation”, wêreld kampioenskappe meemaak in September in Rimini, Noord Italie vir juniors en November vir seniors.
Francois Buys staan uit met ‘n vyfde insluiting in ‘n Suid-Afrikaanse span wat oorsee gaan meeding, terwyl hy ook twee keer in Suid Afrika sy man moes staan op internasionale kompetisie geleenthede. Willem Henning en Rohan Erasmus het ook reeds een geleentheid na die Wêreld Kampioenskappe meegemaak.
Baie geluk aan die span en sterkte met die harde, toegewyde en veeleisende voorbereiding na September toe. Ek hoop dat die gemeenskap die enorme sukses van Thabazimbi skopboks se internasionale erkenning sal steun en sal bydra om die studente ook finansieel in staat te stel om te kan gaan deelneem.

Op die foto vlnr: Wiehan Lynn, Vicus Venter, Shihan Peet, Jackie Brits, Francois Buys en Rohan Erasmus. Die skopboksers is gekies om aan die Wêreld kampioenskappe deel te neem.
Op die foto vlnr: Wiehan Lynn, Vicus Venter, Shihan Peet, Jackie Brits, Francois Buys en Rohan Erasmus. Die skopboksers is gekies om aan die Wêreld kampioenskappe deel te neem.