Reaksie op die KANSA berig van 2 Mei – Brief

Onlangs was daar in hierdie koerant (Kwêvoël) ‘n artikel oor die nadele van nikotien vir kinders. In opvolg stuur ek my reaksie daarop vir die publiek.
Die wiskunde van Nikotien:
Nou die dag sit ek en wag en sien iemand wat in werkstyd gou buite op die muur sit en sy sigaret rook. PAFFF!
Ek tel toe sy inasem en uitblase met een sigaret, 20 skywe in sy longe in, teen 10 sigarette per dag is dit 200 skywe, sewe dae ‘n week het hy al 1400 skywe ingeasem. Vir 30 dae in ‘n maand is dit 42000 skywe en met 12 maande per jaar is dit 504 000 (halfmiljoen) skywe. Gewoonterokers se arme longe beleef miljoene intrekke per leeftyd.
Die gevolge op die gewoonte, finansieel, is R20 per dag as ‘n sigaret R2 kos. Sosiaal besoedel ‘n passiewe roker die gesin. Fisies veroorsaak dit vele kwale en ‘n vroeë dood. Arbeid word ook benadeel deur verlore werksure en swakker prestasie.
Die antwoord is dus om kinders te keer voordat hulle begin, doen vandag iets daaraan.
Pa, Oupa – Oom Piet Grobler.