Plaaslike modelle presteer

THABAZIMBI – Twee plaaslike modelle van Studio III model academy, Roze en Rozelle Bester, is aangewys as finaliste vir Miss Pre Teen International en Miss T.E.E.N International onderskeidelik. Hierdie pragtige sussies is albei leerders verbonde aan Hoërskool Frikkie Meyer waar Roze in Graad 8 is en Rozelle vanjaar haar Matriekjaar voltooi. Hierdie gewilde kompetisie word aangebied deur Beyond 2000 Performing Arts en die Gala geleentheid waartydens die wenners aangewys word vind op Saterdag 24 Mei plaas te Atterbury Teater in Lynnwood weg, Pretoria. Kaartjies is te koop teen R200 per persoon wat ‘n ete insluit en die drag vir hierdie uithang geleentheid is semi-formeel. Kontak Rentia Bester by 084 619 5970 om ‘n kaartjie te koop.
Rozelle is ook aangewys as ‘n semi finalis vir die immergewilde Apprentesses of Angelique Gerber kompetisie wat tans landwyd geloods is. Ondersteun haar gerus deur haar op Facebook te “like” by Rozelle Bester Apprentesses of Angelique Gerber en haar naam en van te SMS na 35069 teen R3 per SMS. Die Top 100 finaliste word op 6 Junie aangewys en indien Rozelle ‘n finalis is, sal sy die Gala glansgeleentheid op 19 Julie te Heartfelt Arena in Pretoria bywoon waar die wenner van hierdie gesogte kompetisie aangewys gaan word. Sy het ook ingeskryf vir die Sarie Voorbladgesig kompetisie wat op

Rozelle is ‘n finalis vir Miss T.E.E.N. International, ‘n semi finalis vir Apprentesses of Angelique Gerber en het ingeskryf vir Sarie se Voorbladgesig kompetisie.
Rozelle is ‘n finalis vir Miss T.E.E.N. International, ‘n semi finalis vir Apprentesses of Angelique Gerber en het ingeskryf vir Sarie se Voorbladgesig kompetisie.

24 Mei ten einde loop.

Roze, wat aangewys is as ‘n finalis vir Miss Pre Teen International 2014.
Roze, wat aangewys is as ‘n finalis vir Miss Pre Teen International 2014.