Makoppa Knipmes Manne Aand weer op ons

MAKOPPA – Soos die meeste mense nou al weet hou Makoppa Boerevereniging jaarliks ‘n Knipmes Manne Aand met die doel om fondse in te samel vir die beveiliging van die Makoppa area.
Hierdie geselligheid het al bekend geword onder die Thabazimbi gemeenskap, en beloof om weer ‘n lekker kuier af te gee. Vanjaar vind dit op Vrydag, 23 Mei 2014 plaas en beloof om weereens ‘n groot sukses te wees. Al die manne word dus uitgenooi na die “BOSVELD ESPETADA” Knipmes Manne Aand. Die Espetada behels dat daar verskeie soorte Wildsboude op die spit gebraai gaan word en bedien word met allerlei heerlike souse. Vars gebakte brode met plaas botter en tuisgemaakte konfyte is ook op die spyskaart.
Toegang beloop R150, wat jou onmiddellik inskryf vir die trekking van verskeie “Lucky Draws” ter waarde van R6000. Die veiling word ook behartig deur ‘n professionele afslaer en slegs “Elite” items sal opgeveil word. Items soos ‘n “5 Dag Visvang Ekspedisie vir twee persone by die Oos Kus” is op die lys van items. Daar is ‘n kontant kroeg beskikbaar asook kaart fasiliteite.
Die Manne Aand sal plaasvind by Henry Lynn se stoor, Plaas Kaaldraai, Makoppa – GPS Koordinate is soos volg: 24.56788S en 27.20296E. Vir enige navrae kontak asb vir Nico Loubser 083 308 0703 of Petro 060 309 2521.
Indien jy nog nie ‘n Makoppa Knipmes Manne Aand bygewoon het nie, mis jy uit op ‘n lekker lewens ervaring. Bring al jou mansvriende en kom deel in die pret, dis vir ‘n goeie saak.