HFM Rugby uitslae

THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer het Saterdag 10 Mei hulle eerste amptelike wedstryd gehad teen Hoërskool Warmbad.
Die uitslae reflekteer die standaard waarop die seuns is, maar die spanne moet nie te gerus of selfversekerd raak nie, want groter en beter kompetisie lê vir hulle voor.
Die seuns het oor die algemeen goeie konstruktiewe spel gehad en daar was individuele uitblinkers. Die eerstes het met durf die wedstryd redelik gemaklik gewen, maar dit wys net weer dat daar nie ‘n maklike eerstespan wedstryd is nie.
Die uitslae is as volg:
0/14A wen 52-0, 0/15A wen 61-0, 0/16A wen 64-0, Tweedespan wen 45-10 en die Eerste span wen 25-7.
Die proefspanne vir die Limpopo teen die Valke wedstryd is aangewys, maar geen van die spanne is finaal nie en die finale span sal eers aangekondig word na die wedstryd. Die spelers in die 0/19 en 0/18 voorlopige spanne is vir die A-span, Armand Davies (6), Berhard van Rensburg (10) onder kaptein en Hendrik du Plessis (18). Die B-span is Danian Strauss (15) en André Mostert(21) gekies. Die C-span het net Jason Dye (8) geselekteer. Vir die 0/16 spanne is die A span, Sean Thungo (6), Yanki Melamu (11) en Chriszaan Strauss (12) gekies en vir die B-span is CJ van der Merwe (20) gekies.