HFM Hokkie

In geen spesifieke volgorde staan die nege hokkie dogters wat vir hulle onderskeie Limpopo spanne gekies is. Nesta Schutte, Anna Jordaan, Annia Engelbrecht, Tatiana Rall, Karien Snyman, Tiffany Robbertse, Shelly Branders, Charmaine de Beer en Michaela Mulder.

THABAZIMBI – HFM het op Saterdag 10 Mei as gashere opgetree met die eerste offisiële wintersport vir die jaar. Hulle het teen Warmbad gespeel en het hulle goed van hulle taak gekwyt. Die uitslae is as volg: 14A speel gelykop 1-1, 15A wen met ‘n pragtige telling van 5-0, 16A wen 2-0 en die eerstespan wen 1-0.
Die volgende nege dogters is gekies vir hulle onderskeie Limpopo spanne vir 2014. Vir die 18A span is Nesta Schutte gekies, 18B is Anna Jordaan en Annia Engelbrecht, 16B is Tatiana Rall en Karien Snyman, 16C is Tiffany Robbertse en Shelly Branders. Vir die 14A span is Charmaine de Beer en vir 14B is Michaela Mulder ook gekies vir hulle Limpopo spanne.