ATKV Redenaars

THABAZIMBI – HFM se redenaarspan van nege leerlinge het Vrydag 9 Mei aan die ATKV redenaars deelgeneem. Die span het bestaan uit vier seniors en vyf Juniors.
Die leerlinge het goed gevaar en het baie goeie terugvoeping ontvang van die beoordelaars, veral op die onvoorbereide toesprake wat baie goed afgeloop het.
Die standaarde was soos gewoonlik baie hoog maar die kinders het geensins afgesteek nie. Die uitslae is nou wel nie bekend gemaak op 9 Mei nie, maar dit sal wel beskikbaar wees op die ATKV se webtuiste binne ‘n week of twee.