Thabazimbi Skopboksers vaar uitstekend

PRETORIA – Tydens die afgelope Suid-Afrikaanse skop boks kampioenskappe wat in Pretoria by die skougronde saal F gehou was en as gevolg van die groot formaat was die volkontak in die Valhalla lugmag saal gehou op 25 en 26 April, het Thabazimbi skop boks klub hom weer onderskei as ‘n waardige span vegters.
Daar was gekompeteer in alle vorme van vegkunste wat ligte kontak,semi kontak en volkontak insluit. Ligte kontak is ‘n stelsel waar ferm kontak oor drie twee minuut rondtes strek semi kontak is ‘n punte stelsel waar na elke punt behaal gestop word ook oor drie twee minuut rondtes. Die twee stelsels word op ‘n gimnastiek mat beslis. Vol kontak sluit uitklop tegnieke, skop en slaan in en word in ‘n boks kryt beslis oor drie twee minuut rondtes. Vegters se gevegte hang van die hoeveelheid provinsiale inskrywings af. Dit kan wissel van een tot ses gevegte. Skopboks word beoefen om vele redes en is geweldig gewild as vegkuns vir selfverdediging, fiksheid, toernooi deelname en word afgerig met boks, stoei, skoppe, grepe en wapenopleiding. Geskik vir dames en mans van agt jaar en ouer. Shihan Peet kan gekontak word by 083 579 3139 of per e-pos by xkthaba@gmail.com
Thabazimbi skop boks klub het ook getroue ouer ondersteuning en betrokkenheid by skeidsregter en hulp afrigting tydens die toernooi. Dankie vir julle spanwerk en onbaatsugtige hulp tydens die kampioenskappe. Dankie aan ‘n besondere span ouers en studente. In September 2014 vertrek die SA span oorsee na Italie vir die wêreld kampioenskappe en ons kry besoek van die Russe in Junie 2014.

19-skopboksOp die foto van links na regs met hul ouers: Wikus Venter [ goud volkontak ] met sy pa Gert / Francois Buys [ goud ] met sy pa Michael / Wihan Linn [ brons ] met sy pa Hendry en ma Alby / Willem Henning [ twee silwer ] met sy pa Jaco en ma Mari /Rohan Erasmus [ goud ] / Jackie Brits [ goud ] Shihan Peet van Breda – afrigter