Oefen- nette groot aanwins vir krieket by Laerskool

Laerskool Thabazimbi het vyf nuwe Krieket-oefen-nette gebou, waarvan daar in een van die nette ‘n permanente boulmasjien geïnstalleer is. ‘n Geselligheid is Woensdagmiddag 23 April by die nette gehou om die borge te bedank vir die ywer wat hul ingesit het, en al die krieketafrigters vir die ywer wat hulle nog gaan aansit om die krieketspan op te bou tot die hoë hoogtes wat reeds voorheen bereik is.
Die hoof van Laerskool Thabazimbi, mnr Koos Venter, het almal bedank wat by die projek betrokke was, veral Werner Lategan, wat die oefennette gebou het en Clive Vielmetti was betrokke was by borgskappe om die materiaal vir die nette te bekom. Volgens Venter is die nette ‘n groot aanwins en sal beslis ‘n invloed hê op die gehalte van spelers wat opgelei word. Netso is die boulmasjien, wat teen verskillende tempo’s kan boul, asook draaiballe kan lewer van onskatbare waarde om spelers die geleentheid te bied om verskillende boultegnieke te oefen.
Die middag is afgesluit met ‘n gesellig braai, sommer daar by die oefen-nette.

Ds Johan, voor die penne, wag vir die eerste aflewering binne die nette.
Ds Johan, voor die penne, wag vir die eerste aflewering binne die nette.
Op die foto knip ds Johan Marais, voorsitter van die Beheerraad van Laerskool Thabazimbi, die lint om die krieketnette amptelik te open.
Op die foto knip ds Johan Marais, voorsitter van die Beheerraad van Laerskool Thabazimbi, die lint om die krieketnette amptelik te open.