NG Koedoeskop se Koedoefees

LEEUPOORT – Vroeg in 2014 het NG Koedoeskop gemeente weer van voor af begin beplan onder leiding van Rudi Furstenburg aan hulle jaarlikse fondsinsamelingsprojek en die susters het vroegtydig begin bak en brou vir die Koedoefees wat van 25 tot 27 April aangebied is.
Met raakvathande en hernude ywer het staatmakers die terrein begin voorberei om alles gereed te kry vir die vakansiegangers wat hierdie tyd van die jaar die Bosveld se soel weer tydens die herfsvakansie kom opslurp. Groot was die gemeente vreugde toe hulle werklik in hul hordes na Dawid-hulle se karavaanpark toe stroom om die fees saam te geniet.
Die Vrydagaand is afgeskop met ’n heerlike ete van braaikuiken en pannekoek vir nagereg. Saterdag se spyskaart het soos gewoonlik onder meer uit die Leeupoorters se tradisionele pap en wors plus pap en kaiings, Avondsrus se njammies pannekoeke, en natuurlik Marisa se “fymis” vetkoeke en Ida-hulle se vingerlek-lekker poedings bestaan! As iemand met ’n honger magie daar weg is, was dit sekerlik nie omdat daar nie genoeg te ete was nie.
Die tafels kreun onder die vars tuisgebak waaraan die hele gemeente se susters meegewerk het. Die Gautengers is met mandjies vol heerlikhede daar weg terwyl die jongmense om die pooltafel kuier en die ouer garde uitdaag om teen hulle te kom speel.
Die fees se besoekers het gesellig om die tafels met die mooi geel ruikertjies gekuier terwyl die musiek van ons gaskunstenaars almal in ’n vrolike stemming bring sodat die werk en die so al dansende hul take verrig het.
Die jeug was soos gewoonlik ook ’n groot deel van die feesgebeure. Onder leiding van Mariana le Roux, die kategete en ouers van ons kinders, het hulle ’n hele afdeling van die fees self hanteer en met speletjies, aktiwiteite en verkope van hul eie gehelp om fondse in te samel.
Sondag is die fees afgesluit met die gebruiklike dankdiens, gelei deur Ds Thys. Die fees was ’n reusesukses en hulle eindig die fees gesellig rondom die kospotte saam en eet ’n voortreflike ete van bobotie, geelrys en slaaie, afgerond met malvapoeding en vla.

Alles loop op geoliede wiele: Die vure word aangesteek en stofies gereed gekry. Kyk dan nou net hoe goed ’n man in ’n voorskoot kan lyk!
Alles loop op geoliede wiele: Die vure word aangesteek en stofies gereed gekry. Kyk dan nou net hoe goed ’n man in ’n voorskoot kan lyk!
Met die gedans en joligheid het selfs die zebras kom loer om te kyk wat op aarde aan die gang is by die NG Kerk Koedoeskop se Koedoefees.
Met die gedans en joligheid het selfs die zebras kom loer om te kyk wat op aarde aan die gang is by die NG Kerk Koedoeskop se Koedoefees.
19-Koedoefees Ds Henre en Petra
Ds Henre en PetraDs Henry en Petra wat na nog twee voetoperasies in ’n rolstoel is, het ook die fees vreeslik geniet.