Laerskool Koedoeskop seuns vorder na volgende rondte proewe

19-LS Koedoeskop rugbyVier seuns van Laerskool Koedoeskop dring deur na die volgende rondte rugby proewe. Scott Denton dring deur na die o/12 oefen groep, waar JT Cronjé, Luan Botha en JB du Toit opgeneem is in die o/13 groep. Die o/12 en 13 ‘s neem onderskeidelik Vrydag en Saterdag deel aan die volgende rondte proewe. Die proewe vind plaas te Polokwane, Noord-skool. Hulle is op die foto voor: Scott Denton o/12. Agter vlnr: JB du Toit, Luan Botha en JT Cronje o/13.