Julius was in Thabazimbi

IMG_0162.JPG
Bertie Joubert het met die woorde: “I’m jour opposition, I am Bertie Joubert from the Democratic Alliance,” vir Julius Malema gegroet op 7 Mei.

THABAZIMBI – Malema was in die Thabazimbi Munisipale gebied tydens die verkiesing gewees.
Bertie Joubert en Malema het mekaar raakgeloop terwyl beide by dieselfde stemstasie ‘n draai gaan maak het, om te kyk hoe die verkiesing verloop.
Die twee is darem op goeie voet uitmekaar en het mekaar sterkte toegewens met die verkiesing.


 

19-Julius Malema
Julius Malema (EFF se party verteenwoordiger)het Thabazimbi op Woensdag aand 7 Mei na afloop van ‘n baie besige verkiesingsdag besoek. Groot was die publiek se verbasing toe hy by die plaaslike Eagle Mountain Spur instap. ‘n Paar seuns het ingestem om saam met hom op die foto te verskyn as bewys dat hy wel hier was, vlnr staan Franco Potgieter, Julius, Riaan Duvenhage en DG Stokes.