Dra jou tekkies vir ’n goeie doel

THABAZIMBI – In verlede week se uitgawe (2 Mei) het Kwêvoël berig wat Tekkie Tax dag behels wat op 30 Mei 2014 gaan plaasvind.
Lede van die publiek word gevra om ‘n Tekkie Tax plakker aan te skaf vir ‘n R10 donasie en hier in Thabazimbi kan enige persoon of besigheid hulle plakker of skoenveters aanskaf (om jou tekkies op te tooi vir Tekkie Dag) van Thabazimbi se eie SAVF-tak. Kontak vir Marianne by 072 309 1418 of die kantoor self by 014 777 1093, hulle het selfs gholfhempde ook te koop vir R100.
Spar en Koolstoof daag ander groot ketting winkels en restaurante uit om vir hulle personeel ook plakkers of veters te koop.
Daar is 5 verskillende plakkers om van te kies, elkeen verteenwoordig ‘n spesifieke afdeling van dienslewering. Afhangende van waar jou hart lê, kies jy een of meer van die afdelings wat jy wil ondersteun met jou R10 plakker donasie. Thabazimbi se hooffokus is egter, basiese familie dienste, maar die ander plakkers kan ook aangeskaf word indien julle een van die ander kies.
* Allerhande DIERE
* Cool KINDERS
* Dienslewering aan GESTREMDES
* Essensiële ONDERWYS
Die veldtog word onderskryf deur 15 van die grootste Nasionale welsynsorganisasies in die land. Hieronder is: Epilepsie SA, Kindersorg SA, SOS Children’s Villages, CHOC (Childhood Cancer Foundation), Special Olympics SA, Endangered Wildlife Trust (EWT), HPCA – Hospice Palliative Care SA, Pet Welfare SA, Imisebeyelanga services, Meals on Wheels; VVA , ACVV, Highveld Horse Care Unit, SAVF, Cheshire Homes SA . . . en hierdie is net die nasionale organisasies.
Ondersteun die plaaslike takke ook in jou eie omgewing. Thabazimbi se SAVF-Tak gaan 30 Mei voor Spar ‘n stalletjie hê waar hulle pannekoeke gaan verkoop, daar sal ook vermaak wees, kontak hulle gerus by 014 777 1093 vir meer inligting.