A Lo Ha Keiki open nog ‘n skool

THABAZIMBI – Annerie van Eeden en Cézanne van Eeden albei stigterslede van ‘n eksklusiewe Kleuterskool en Naskool open deure van nog ‘n skool. A Lo Ha Keiki groei van krag tot krag, soos ‘n beeldhouer poog A Lo Ha Keiki om vorm te gee aan pragtige beelde van goed-gebalanseerde kinders.
Hul spog met ‘n splinternuwe en uitgebreide Naskool by Michael straat 9. Die ligging van die Naskool is so uitgekies dat kinders bereikbaar, maar tog veilig hul aktiwiteite kan bywoon.
Kinders word persoonlik deur die Naskoolpersoneel gaan haal en ‘n gebalanseerde ete, gesuiwerde water, vrugtesap en laat middag versnapering word aan die kinders bedien.
Leerders doen gestruktureerd huiswerk. Elke kind ontvang individuele aandag tydens huiswerk, speltoetse en take. Die personeel skep ‘n atmosfeer waar kinders geliefd en veilig kan voel.
Brain Gain word bedryf vanaf A Lo Ha Keiki Naskoolsateliet se perseel. Kontak gerus vir Lizelle de Klerk 0834559763 of besoek Brain Gain by Michaelstraart 9. Kom en ervaar self die kwaliteit van sorg.

19-Helo A kiekieVlnr: Michelle Geldenhuys, Natachia Kleinhans, Bernice Chapman, Annerie van Eeden, Cézanne van Eeden, Rozanne Keys en Chantelle de Bruyn.