Urban Challenge ook vir Thabazimbi

THABAZIMBI – Die Urban Challenge is ‘n uitdaging wat van nou af op ‘n maandelikse basis in Thabazimbi aangebied gaan word om mense wat in hierdie belangstel ook die geleentheid te bied om dit plaaslik te beoefen.
Saterdag 19 April is die eerste uitdaging deur Wild Track Ventures aangebied en het die volgende behels: 5km individueel of span van twee, 10km individueel of span van twee.
Een van die groot voordele hiervan is dat die hele gesin hierby betrek kan word aangesien dit heelwat verrassings inhou.
Daar was ‘n 10 en 5 km uitdaging jy kon stap of hardloop. Daar was vier punte waar jy ‘n aktiwiteit moes doen voordat jy na die volgende punt kon gaan.
Die roetes is nie uitgemerk nie en elke deelnemer het ‘n kaart ontvang van die vier beheerpunte waar hulle op die roete moes aanmeld. Basiese navigasievermoë is beslis ‘n voordeel.
Van die ander take wat hulle moes verrig was om houers met water op hulle koppe te balanseer en die leë houer ‘n ent daarvan moes vul,
ballonne opblaas en laat bars, ‘n paar oefeninge doen en iets snaaks eet voordat hulle met die ander uitdaging kon voortgaan. In hierdie geval was die snaakse dis ‘n sosatie van botterbone en rou lewer.
Johan en Wilma Pienaar, wat die hele Urban Challenge opset gereël het, wil graag gesinne aanmoedig om te kom deelneem.
Die volgende uitdaging sal vroeg in Juniemaand aangebied word.
Vir meer inligting aangaande beplande uitdagings, skakel gerus vir Johan by 082 468 0142 of vir Wilma by 072 146 7536.

Begin van die Challege en almal is gereed om weg te spring.
Begin van die Challege en almal is gereed om weg te spring.
Die wenner van die 10km uitdaging, Erence Motaung.
Die wenner van die 10km uitdaging, Erence Motaung.
Die wenner van die Urban Challenge 5km , Moksie Pelser
Die wenner van die Urban Challenge 5km , Moksie Pelser
Die wenner van die Urban Challenge 5km was Lenette Swanepoel
Die wenner van die Urban Challenge 5km was Lenette Swanepoel