Two Oceans Hester

18-Hester Two OceansHester Hoffmann het tydens die paasnaweek haar 9de Two Oceans Halfmarathon voltooi in ‘n tyd van 2h06min. Sy is nie so tevrede met die tyd nie, maar dis te verstane as daar 16000 deelnemers is. Die strate en sypaadjies is so vol dat atlete vir lang periodes moet loop, veral om die draaie en verkeersirkels. Dit is eers werklik na 3 km wat ‘n mens vryelik kan begin hardloop. Hester sien daarna uit om volgende jaar haar 10de Two Oceans Halfmarathon te hardloop en so haar permanente blou nommer te verwerf.