Nuwe voertuie vir Thabazimbi

18-TLM VoertuieTHABAZIMBI – Die Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit het, nadat hulle vorige vloot voertuie per openbare veiling verkoop het, die vloot voertuie wat hierdie uitgediende voertuie moet vervang in ontvangs geneem.
Tydens ‘n geleentheid Woensdagmiddag, het die burgemeester, Patricia Mosito, uitgenooide gaste toegespreek en die voertuie aan hulle ten toon gestel. Sy het genoem dat die vloot voertuie aangeskaf is om steeds effektiewe diens aan die gemeenskap te kan verskaf en dat sy glo dat dit waaroor die munisipaliteit beskik met groot vertroue deur die gemeenskap gepaard gaan.
Die voertuie sal alleenlik vir die doel waarvoor hulle aangeskaf is gebruik word. Daar sal ook seker gemaak word dat uitvoerende amptenare dit nie vir privaat gebruik sal aanwend nie en indien daar van hierdie maatstawwe afgewyk word, sal die nodige stappe geneem word.