Nuwe rekord: R83 000 vir rooibokram

’n Wêreldklas Rooibokram van 29” wat op die veiling aangebied is deur Rooi Ivoor Boerdery, het die telefoon-lyne laat sing voor die jaarlikse Rooi Ivoor Boerdery & Hanley Wildlife Services Wildveiling, wat Saterdag 26 April op Alldays plaasgevind het.
’n Nuwe rekord bedrag van R83 000 is dan ook deur Superior Game Breeders vir hierdie uitmuntende dier betaal. Die vorige rekord vir ’n rooibok ram was R 26 000 vir ’n ram van Thaba Tholo.
Willem van der Merwe – eienaar van Rooi Ivoor Boerdery sê dat hy trots is om sulke diere te kan teel en aan te bied aan mede wildboere om hulle genepoel te versterk.
Die goeie reën wat na die droogte in die noorde van die land geval het, het bygedra dat vlaktewild vanjaar goeie pryse in die gebied behaal. Blouwildebeeste behaal R3 200, Elande R7 400, Gemsbokke R6 500. Veral die mak Sebras wat R7 600 behaal het was goed in aanvraag.
Volgens Niel Swart van Vleissentraal Bosveld, wat die veiling aangebied het, was die vraag na njala-ooie baie goed. Die ooie behaal R15 500 stuk en ’n 28.75” Njalabul behaal R34 000.
‘n Totaal van 344 stuks wild is tydens die boma-veiling verkoop met ‘n totale omset van bykans R1,5 miljoen. Nog sewe Hartwater Springbokke en sewe Swart Springbokke het teen ‘n prys van R10 000 elk gegaan wat die totale omset met ‘n verdere R140 000 opgestoot het.18-rooibokram-20

Hierdie rooibokram is tydens die Rooi Ivoor Skaarswild & Hanley Wildlife Services se wildveiling vir die rekordbedrag van R83 000 verkoop. Die vorige rekord vir ‘n rooibokram was R26 000 wat vir ‘n ram van Thaba Tholo betaal is.