L/S Thabazimbi Bulletjierugby

NYLSTROOM – Elke jaar skop die Bulletjierugbyseisoen af by Laerskool Nylstroom, en hierdie jaar het hulle hul eerste wedstryd gehad op Saterdag 12 April en dit was ‘n reuse sukses.
Honderde kaalvoete het die koue, nat gras betree om soos hulle helde rugby te speel. Bulletjierugby het geen tellings wat gehou word nie en dus is daar geen verloorspanne nie. Almal tree die dag uit as wenners.
Bulletjierugby is geskep om die basiese vaardighede vir die jongklomp aan te leer en elke spelertjie aan te moedig om die beste te lewer tot sy vermoë. 17-Bulletjie 3

“Cream of the crop” van die Bulletjies, die o/8’s. Voor vlnr: Wernich Olivier, HW Hinsbeeck, Marcus de Aguiar, Ruan Coetzee, Echard de Klerk en Jason Smith. Middel: Robbie Stow, Tiaan Swanepoel, Nataniël Mcky, Raymond Schoeman, Luca Coetzee en Juan Venter. Agter: Nash de Aguiar (afrigter) en Lourette Coetzee (spanorganiseerder).