Sakke vol medaljes vir Thaba se Kunste-kinders

17-SA KampLeerders vanaf Thabazimbi het die afgelope week aan die SA Kampioenskappe van Uitvoerende Kunste deelgeneem en verskeie medaljes losgeslaan. Ruan Bishoff het vir sang vier brons en een silwer ontvang, Jimmy Smith het vir sang drie brons en 1 silwer gekry, Eric Oosthuizen ontvang ook vir sang twee goud, twee silwer en een brons en Rozelle Bester, verbonde aan Studio III model academy, ontvang vir modelwerk een silwer en een goud. Eric en Rozelle is opgeneem in die SA Span om Suid Afrika in Los-Angeles in Kalifornië, VSA te verteenwoordig by die Wêreld Kampioenskappe van 7 Julie tot 23 Julie 2014.