Oud Thabazimbiër is oorlede

KLERKSDORP – ‘n Ou Thabazimbiër, oom Chris Prinsloo is Woensdagaand, 23 April om 20:00 oorlede op die ouderdom van 81, na hy ‘n hartaanval. Daar is nog geen begrafnisreëlings gemaak nie, maar indien enige iemand die begrafnis of roudiens wil bywoon kan hulle gerus vir Hennie White kontak by 076 951 8331.
Oom Chris laat sy eggenoot, Marthie Prinsloo, een broer, twee susters en vier kinders agter. Oom Chris en Marthie Prinsloo, wat met die eerste oogopslag verlief geraak het en mekaar slegs ‘n dag geken het voordat hulle in die huwelik bevestig is, het in 1982 in Thabazimbi aangekom. Die egpaar was vir 31 jaar in Thabazimbi woonagtig. Oom Chris het voor sy aftrede nog vir 14 jaar by Yskor se aanleg gewerk terwyl Tannie Marthie ‘n tuisteskepper was. Hulle het Thabazimbi verlede jaar gedurende Oktobermaand met ‘n baie swaar hart verlaat. Weens albei se gesondheid wat aan die agteruitgaan was het Oom Chris (81) en Tannie Marthie (78) by hul seun, Hennie en sy eggenote, Dina White in Klerksdorp gaan woon.17-Oom Chris en Tannie Marie Prinsloo

 

Foto links:
Oom Chris Prinsloo is Woensdag aand, 23 April om 20:00 in die Tshepong Hospitaal na ‘n hartaanval oorlede. Vir bevestiging van begrafnisreëlings kan Hennie White gekontak word by 076 951 8331.