Laerskool Thabazimbi vat titel met intreeslag

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi het die naweek van 11 en 12 April 2014 vir die eerste keer aan die Super 8 rugby en netbaltoernooi, verteenwoordigend van al die skole in Limpopo provinsie,te Polokwane deelgeneem. Die
deelnemende skole was: Laerskole; Bergland, Lydenburg albei vanuit
Mapumalanga provinsie, Thabazimbi, Krugerpark, Bosveld, Louis Trichardt,
Pietersburg-noord en Phalaborwa.
Die Super 8 toernooi het oor 2 dae plaasgevind waar elke span 4 wedstryde
moes speel. Laerskool Thabazimbi het tydens die toernooi net weereens bewys
waarom die skool as ‘n krag in die Limpopo provinsie beskou word.
Die talle ouers wat die spellers vergesel het, het langs die veld ‘n groter stryd gehad met die snerpende koue wat oor Polokwane toegesak het. Daarby was daar nie eintlik sitkans nie soos hulle die wedstryde wat op verskillende velde gespeel is te volg.
se spanne het as volg presteer:
Netbal 0/11 en 0/12 spanne is aangewys as algehele wenners en die 0/13 span behaal ‘n derde plek.
Die netbal het ‘n algehele tweede plek behaal en het die spit met slegs twee
punte teen Laerskool Phalaborwa afgebyt.
Die Rugby spanne het soos volg presteer: Die 0/9 en 0/10 spanne is aangewys as algehele wenners en die Eerste span behaal ‘n derde plek.
Laerskool Thabazimbi se rugby het ‘n algehele eerste plek behaal. Almal het in afwagting gewag om te hoor wie as die Wenskool aangewys sou word. Groot was die opgewondenheid toe niemand anders as Laerskool Thabazimbi hierdie ereplek behaal het nie. Laerskool Thabazimbi is ongelooflik trots op die kinders en personeel vir die deursettingsvermoë en vasberadenheid wat hulle die afgelope naweek ten toon gestel het.

Laerskool Thabazimbi se o/10 rugbyspan wat aangewys is as algehele wenners. Hulle is vlnr voor: Tommy Swanepoel(skrumskakel), Hendrew Pelser (Flank), HJ Janse van Rensburg (flank), Tristan Brits (senter), SJ van der Linde (losskakel), Jaco Momberg (vleuel) en Nathan Bester(Flank). Middel: Keanan Smith (stut), HG Joubert (stut), Juan Joubert (vleuel), Leon Prinsloo (haker), Danie Momberg (heelagter), Theean Scheepers (senter), Justin Olivier (vleuel), Kruger van Zyl (Haker) en Jan-Gunther Marais (slot). Agter: Mnr Pieter Hinsbeeck (afrigter), Nicolas Snyman (slot), Jan Botha (slot), Ulrich Taylor (agsteman), Eduard Pistorius (slot), Mnr Harno Human (afrigter).

Laerskool Thabazimbi se o/12 Netbalspan was saam met die o/11 Netbalspan algehele wenners. Op die foto is die o/12 Netbalspan vlnt voor: Rykie Combrink (VV), Kayla van der Merwe (HD), Ruvé Blaauw (D) en Chanté Brand (AV). Agter:  Me Elna Massyn(afrigter), Lina Jacobs(V), Kelebogile Mashamaite(Senter), Relebogile Malapane(V), Stellie Jacobs (HV), Me Sasha Botha (afrigter).
Laerskool Thabazimbi se o/12 Netbalspan was saam met die o/11 Netbalspan algehele wenners. Op die foto is die o/12 Netbalspan vlnt voor: Rykie Combrink (VV), Kayla van der Merwe (HD), Ruvé Blaauw (D) en Chanté Brand (AV). Agter: Me Elna Massyn(afrigter), Lina Jacobs(V), Kelebogile
Mashamaite(Senter), Relebogile Malapane(V), Stellie Jacobs (HV), Me Sasha
Botha (afrigter).
Die o/11 Netbalspan wat ook algehele wenneer was; Hulle is vlnr voor: Quinelle Blaauw (AV), Boipelo Mbewe (VV) en Marisca Coetzee (S). Agter: Me Herma du Plessis (afrigter), Mienke Engelbrecht (D), Khentse Lakalakala (HV), Areane Pretorius (V), Charné van den Berg (HD), Rego Mothlabane (VV) en Me Wilma Prinsloo (afrigter).

Die o/9 Rugbyspan wat saam met die o/10 Rugbyspan as algehele wenners aangewys is. Op die foto is hulle saam met die Afrigters, mnre Kerneels Viljoen en Micahel Karemaker. Voor:  Janco Rossouw (vleuel), Onele July (vleuel), Meriko Venter (Losskakel en kaptein), Zander Fouché (senter), Franco Verceuil (senter) en Christiaan Joubert (heelagter). Middel:  Owen Myburgh (stut), Jacques Viljoen (vleuel), Michael Stassen (agste man) en Hanno du Toit (flank). Agter:  Mnr Kerneels Viljoen (afrigter), Tristen Baard (slot), Jamie Barwise (stut), Chrisjan Bornman (slot), John Herbst (haker), Edward Terreblance (skrumskakel), Albert Herbst (slot) en mnr Michael Karemaker (afrigter).