Kongres en fondsinsameling op VLU agenda

NORTHAM – VLU Northam tak het weer op 10 April lekker vergadering gehou te Swartklip by die Methodiste kerksaal. Daar is heerlik saamgekuier en lekker stories uitgeruil.
Heelwat items was op die agenda soos die kongres wat plaasvind op 5 en 6 Mei te Lekkerrus en die ACWW Konferensie op 24 en 25 Junie 2014. Fondsinsameling is ook bespreek en daar is besluit om weer heerlike “vetkoek en mince” te verkoop op 30 Mei 2014.
Die tema vir die huiswerk was “ek het nooit gedink ek sal dit kan doen nie” jong, maar die dames was oulik! Angela Potgieter het ‘n glasblad met ‘n foto op “gemodge podge” en Isobel Cahill het vir die eerste keer konfyt gemaak! Die ander artikels was net so oulik. Mari het die dames geleer Zentangle. Vir enige navrae, skakel die skakelbeampte René Laas by 073 4299 411.

Annetjie Jonker en Dean Smith het as gaste, die vergadering bygewoon.
Annetjie Jonker en Dean Smith het as gaste, die vergadering bygewoon.
Die dames se oulike huiswerk vlnr: Tannie Hannetjie vd Westhuizen, Angela Potgieter, Hannelie Botha, Mari Meintjes en Isobel Cahill.
Die dames se oulike huiswerk vlnr: Tannie Hannetjie vd Westhuizen, Angela Potgieter, Hannelie Botha, Mari Meintjes en Isobel Cahill.