HFM Hokkie

VOLKSRUST – Die eerste- en 0/16 hokkiespanne het na Amajuba se sportweek getoer vanaf 2 tot 5 April. Die afrigting van die week was goed en die dogters het baie geleer.
Die 0/16 span het vyf harde wedstryde gespeel waarvan hulle twee gewen en drie verloor het en die uitslae sien as volg daaruit, wen teen Nelspruit 1-0, verloor teen Standerton 0-3, wen teen Brits 1-0, verloor teen Volksrust 0-2 en verloor teen Kanonkop 0-2.
Die eerste-hokkiespan het ook vyf wedstryde gespeel waarvan hulle twee gewen, twee verloor en een gelykop gespeel het. Die tellings is as volg:
HFM wen teen Vrede 2-1, verloor teen Nelspruit 0-3, verloor teen Piet Potgieter 1-2, speel gelykop teen Brits 1-1 en wen teen St Catherines 5-0.
Elke afrigter en dogter wat die kursusse bygewoon het word bedank vir hul opoffering en daar word geglo dat die eerste liga wedstryd op Saterdag 12 April teen Ben Viljoen, vrugte sal afwerp van die afgelope toer.
Die 0/14 en 0/15 A-spanne het aan Hoërskool Ben Viljoen se sportweek deelgeneem vanaf 27 Maart tot 3 April te Groblersdal. Die dogters het baie geleer en uit-en-uit was die sportweek ‘n sukses.
Die 0/14 A-span speel ses wedstryde, wen vier en speel twee gelykop.
HFM speel gelykop teen Kanonkop 0-0, wen teen Overkruin (A) 2-0, wen teen Midstream College 1-0, wen teen Oos-Moot 2-1, wen teen Overkruin (B) 2-0 en speel gelykop teen Rustenburg 0-0. Hulle het die trofee ontvang vir beste vordering.
Die 0/15 A-span het ses wedstryde gespeel en onoorwonne weggestap met tellings wat soos volg daaruitgesien het: 3-0 teen Rustenburg, 6-0 teen Groblersdal Acadamy, 2-0 teen Overkruin, 1-0 teen Kanonkop, 2-0 teen Mistream College en 1-0 teen Oos-Moot.
Stephanie en Tiffany Robbertse is albei aangewys as die beste 0/15 spelers vir die week en die 0/15 span het die trofee ontvang vir Mees Aanskoulikste spel.

15-Tweeling hokkieFoto links:
Stephanie en Tiffany Robberste is albei aangewys as die beste 0/15 hokkie spelers met hul afgelope toer na Groblersdal.