Die Windpomp in Super KunsteGrot

16-Kunstegrot Die WindpompDie splinternuwe Afrikaanse film, Die Windpomp, word amptelik op 25 April landwyd in teaters vrygestel, vanaf die KKNK tot by Thabazimbi se eie KunsteGrot! Gaan volg gerus op Facebook by https://www.facebook.com/DieWindpompFilm. Daar was bekendstelling-vertonings by KKNK wat vol sale getrek het. Om dit nog meer spesiaal te maak, word dit ten bate van die Thabazimbi Kunste Eisteddfod vertoon, wat dié jaar ook besonders gaan wees, aangesien heelwat Bosveldskole gaan deelneem. Om dit vir almal moontlik te maak, word daar drie vertonings beplan. Vrydag 25 April om 19:00, Saterdag 26 April om 10:30 en ook die aand om 19:00. Maak sommer vroegtydig seker van ‘n kaartjie!! Alle fliekkaartjies is R50. Alle navrae en besprekings: Rita by 083 7448559 / rivol@telkomsa.net