DA leierskap besoek gemeenskap

THABAZIMBI – Die Demokratiese Alliansie het Saterdag 12 April 2014 ‘n bewusmakingsgeleentheid gehou met die oog op die komende nasionale- en provinsiale verkiesing wat op 7 Mei gaan plaasvind. Raadslede van Thabazimbi het saam met DA-leierskap en aktiviste van Ellisras, Dwaalboom, Thabazimbi, Smashblock, Raphuti, Northam en Regorogile deelgehad aan hierdie dag. Regorogile en Thabazimbi is eers besoek en pamflette is versprei, daarna het die bus en aktiviste na Northam vertrek. Tydens die geleentheid het DA-leierskap belangstellendes in Northam toegespreek. Jacques Smalle, DA-leier van Limpopo, het ook kommentaar gelewer op die SABC se besluit dat die DA-advertensie op televisie verbied word. Rdl. Stephen Manamela van Lephalele (Provinsiale kandidaat vir die komende verkiesing) het ook die inwoners toegespreek en hulle meer ingelig oor die verkiesingsmanifes en die pad vorentoe. Die teenwoordiges is ook getrakteer met optredes deur plaaslike kletsrymers en dansers.

Die toeskouers is vermaak met dansers soos in die foto by die DA bewusmakingsgeleentheid op 12 April.
Die toeskouers is vermaak met dansers soos in die foto by die DA bewusmakingsgeleentheid op 12 April.