HFM Rugbytoere van 2014 gedurende die Maart vakansie

WARMBAD – Hoërskool Frikkie Meyer se o/14 en o/15 Rugbyspanne het die afgelope vakansie vanaf 31 Maart tot 2 April na Warmbad, Zwartkloof getoer en die toer was soos vorige jare, sinvol en leersaam. Tydens die toer kon hulle ‘n kans kry om posisionele skuiwe te maak in die wedstryde en steeds die spelers in kwaliteit kompetisie te toets. Die afrigters het ook hul sessie ingekry wat deur Jannie de Beer en Frik Kirsten behartig is.

Die o/14 span het die nie-amptelike finaal gewen teen E.G. Jansen en die 0/15 span het moeilik begin maar die week op ‘n hoogtepunt geëindig teen Monnas B. Die uitslae van die o/14 span se wedstryde was as volg: Wen 38-0 teen Waterkloof, wen 12-10 teen Affies C, wen 15-14 teen E.G. Jansen. Die o/15 span se wedstryd uitslae is as volg: Verloor 7-19 teen Affies D, verloor 0-7 teen Waterkloof B en behaal ‘n weghol wen telling van 57-0 teen Monnas B. Die O/16 rugbyspan het na Volksrust getoer vanaf 2 tot 5 April en dié was ook ‘n sinvolle en leersame toer vir die span. Dié span is die wenners van die o/16 toernooi en hulle verwerf ook die wisseltrofee vir 0/16’s. Spesiale vermelding moet gemaak word van hul voorspeler, Shaun Thungo wat as voorspeler van die toernooi aangewys is en agterspeler, Chriszaan Strauss wat aangewys is as agterspeler van die toernooi. Hierdie afrigtingsessie is behartig deur Braam van Straaten en Nico Roets. Die uitslae van die o/16 se wedstryde is as volg: Wen 22-17 teen Volksrust se tweedespan, wen 43-0 teen Bekker en wen 24-12 teen Marias Viljoen.

Die eerste- en tweederugbyspanne het die Nashua week wat te Vryheid aangebied is vanaf 28 Maart tot 2 April bygewoon. Alhoewel dit ver was tot by hulle bestemming het die spelers dit geniet omdat daar genoeg en lekker kos was, hulle kon met krag kompeteer en op hulle rusdag kon hulle na die Natal Spa gaan om die dag daar deur te bring. Sommige seniors seuns het die meisies van Volksrust gemis. Die groot pluspunt was dat hulle kon leer om teen sterk spanne punte aan te teken (veral die tweedes) en ook te werk aan die sogenaamde BMT (big time temperament). Die spelers se drag, gedrag en dissipline was van die hoogste gehalte en hul was ambassadeurs vir Frikkie Meyer – baie dankie daarvoor. Jason Dye verdien spesiale vermelding want hy is aangewys as die beste agsteman vir die week. Die tweede span se wedstryd uitslae is as volg: Verloor teen Affies 10-26, verloor teen Kroonstad Hoër (twee) 17-27 en wen teen Vryheid (twee) met ‘n uitmuntende telling van 42-10. Die eerstespan se wedstryd uitslae vir die toer is as volg: Verloor teen Pionier (een) 7-15, wen teen Port Shepstone (een) 23-13 en verloor teen Affies 31-3.

HFM wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om ‘n woord van dank uit te spreek aan al die afrigters, ouers en spelers wat hul vakansie opgeoffer het om hierdie toere te laat realiseer. Dankie ook vir elke seun wat as ambassadeur opgetree het vir HFM. Alle dank aan ons Hemelse Vader vir Sy beskerming op die paaie, ook dat daar geen ernstige beserings tydens die toere plaasgevind het nie.

15-014 Rugby
Die 0/14 Rugbyspan het die afgelope vakansie na Warmbad getoer en hulle het al drie hul wedstryde gewen wat hulle onoorwonne laat wegstap.
Die 0/16 rugbyspan het na Volksrust getoer en wen die wisseltrofee vir die 0/16 spanne.
Die 0/16 rugbyspan het na Volksrust getoer en wen die wisseltrofee vir die 0/16 spanne.