Opsporing van melanoom in moesies

THABAZIMBI – KANSA besoek Thabazimbi op Woensdag, 19 Februarie 2014, en Swartklip op Donderdag 20 Februarie 2014, om ‘n besondere diens aan die inwoners te bewys.

Velkanker is die mees algemene kanker in Suid-Afrika met ongeveer 20 000 nuwe gevalle en 700 sterftes wat jaarliks aangemeld word.

KANSA Waterberg bied ‘FotoFinder’-siftingstoetse hierdie somer in u dorp aan. Die ‘FotoFinder’-dermoskoop is die nuutste opsporingstegnologie vir velkanker, spesifiek tel dit die melanosiete op wat teenwoordig is in ‘n Melanoom. Die stelsel koppel digitale dermatologiese moesie-beelde outomaties met ‘n oorsigtiglike beeld wat die identifikasie en opsporing van letsels moontlik maak.

Die ‘FotoFinder’-dermoskoop bestaan uit ‘n mobiele eenheid wat ‘n hoogs sensitiewe kamera en rekenaar bevat. ‘n Opgeleide verpleegkundige doen die siftingstoetse en indien die uitslag ‘n hoë risiko vir ‘nMelanoom  uitwys, sal die persoon verwys word na ‘n medikus.

Kostes vir so ‘n siftingsondersoek beloop R80 vir 1 tot 2 moesies en neem ongeveer 20 minute vir die opname en prosedure. Die ondersoek word slegs op moesies gedoen en nie op velvlekke nie.

Wilna van den Heever van KANSA Waterberg sal Thabazimbi en Swartklip besoek en die prosedure sal by van Heerden Apteek (Thabazimbi) en Union Hospitaal (Swartklip) gedoen word op. Bestellings moet vooraf gemaak word by Natasha Pretorius 076 904 8482. Besprekings is uiters noodsaaklik.