VLU bespreek hipertensie

SWARTKILP – Die dames van Northam VLU het op 10 Oktober hulle 240ste vergadering te Swartklip Methodiste Kerk gehou.

Die teedames vir die dag was Sandra Janeke en Annie de Waal. Noreen Greyling was die gasspreker en het die dames oor hoë bloeddruk, oftewel hipertensie ingelig. Volgens Noreen moet die dames ingestel wees oor die tekens van hipertensie: hoofpyn, duisligheid, koegheid, neusbloeding en suising in die ore. Om bloeddruk onderbeheer te kry moet jy gereeld jou voorgeskrewe medikasie neem, jou leefstyl aanpas en gewig verloor as jy oorgewig is. “Verminder jou koolhidrate inname, stap vir 30 minute of oefen tenminste twee keer ‘n week. ‘n Mens kan ook jou sout en alkohol inname verminder en seker die belangrikste van alles, is om op te hou rook.” Het Noreen gesê. Die komplikasies wat gepaardgaan met onbehandelde hoë bloeddruk, is hartaanvalle, swak bloedvloei na bene, lae libido en nierfunksies wat staak. “Die maklikste om te doen is dat ons elkeen na ons leefstyl moet begin kyk en gesonder moet leef.”

43-VLU swartklip (1)

Noreen Greyling besig met die lesing oor hoë bloeddruk.