TBZ Boogklub by Oesfees

DWAALBOOM – Soos oudergewoonte was die boogskietbaan, aangebied deur Thabazimbi Boogklub, by die jaarlikse Dwaalboom Oesfees weer ‘n groot trekpleister.

Saterdagoggend 15 September om 09:00 is al die skuts ingeskryf en welkom geheet. Om 09:30 het die pyle begin vlieg op die eerste van 20 teikens. Al 22 skuts was ongeveer 12:30 deur die baan en het ‘n lafenissie by die fees gaan opsoek.

Die uitslae is as volg: Edward Swanepoel van Thabazimbi Boogklub wen met ‘n puntetelling van 388, Leon Janse van Vuuren (TBZ boogklub) in die tweedeplek met 377 en Henk Engelbrecht van Hardekool Boogklub behaal ‘n derdeplek met ‘n punt van 363.

Die organiseerders bedank almal vir hul ondersteuning en al die borge, met uitsondering aan Francois Swart van Pick n Pay met die Clover-borg en Chris Welgemoed van Thaba Boog en Hengel. Dank word ook betuig aan almal wat by die reëlings betrokke was om die dag ‘n sukses van te maak.

Die boogskuts word herinner aan die baan by die Koedoeskop Bosavontuur op Saterdag 29 September. Die koördinate is S24°50.734  E27°29.309. Die inskrywings op die dag is oop vanaf 08:00 tot 14:00 en beloop R100 per persoon en kinders onder 12 jaar se kaartjies beloop R50. Daar sal groot pryse op die spel wees. ‘n Gelukkige trekking word om 17:00 gehou tydens die prysuitdeling. Almal word uitgenooi om die dag saam te kom geniet.

Vir verdere navrae, kontak Desré by 084 548 0544 of besoek haar by Thaba Boog en Hengel.

Leon Janse van Vuuren, Thabazimbi Boogklub se Voorsitter (tweedeplek wenner) wens Edward Swanepoel geluk met sy eersteplek posisie.