Rekords spat by Vleissentraal veiling

THABAZIMBI – Thabazimbi Wildlife Services het op Vrydag 14 September ‘n wildsveiling te Thabazimbi wildhokke by die Skougronde aangebied.

Die vroulike diere en teelgroepe het die volgende gemiddelde verkoopprys per hokveiling behaal: 14 blesbokke teen R1600, 11 wit blesbokke teen R2709, 106 blouwildebeeste teen R2442, 7 gemsbokke teen R4200, 2 kameelperde teen R17000, 24 koedoes teen R2688, 1 swart koedoe vers teen R140 000 (nuwe SA rekord), 2 klipspringers teen R43 000 (nuwe SA rekord), 15 njalas teen R6617, 79+1 rooibokke teen R1058, 9 rooihartbeeste teen R4978, 19 sebras teen R4084, 3 koper springbokke teen R20000, 12 hartwater springbokke teen R2100, 3+3 swartwitpens koeie en kalwers teen R240 000 en 11 volstruise teen R1164. Die manlike diere per hokveiling het die volgende gemiddelde pryse behaal: 10 blouwildebeeste teen R3000, 10 gemsbokke teen R4000, 2 koedoes teen R8000, 2 volwasse Livingstone elande teen R59500, 1 jong Livingstone eland teen R25000, 11 njalas teen R4691 en 1 wit koedoe teen R500 000.

Vyf en twintig rooibokke wat dragtig is van ‘n swart rooibokram is per katalogus verkoop teen ‘n gemiddelde prys van R10 000.

Die omset vir die veiling was R2 742 100. Niel Swart van Vleissentraal Bosveld was die afslaer.

Die klipspringer rammetjie en ooitjie van Ben Alberts Wildlife wat vir ‘n nuwe SA rekord prys van R43 000 elk verkoop is.