LS Vanwykskraal se hokkie bokkies

MAKOPPA – Laerskool Van Wykskraal se dogters het die afgelope naweek deelgeneem aan die Limpopo hokkie finale te Pietersburg.

Die dogters was na ‘n klipharde wedstryd teen Pietersburg Oosskool gelykop en het in die laaste minuut van ekstra tyd ongelukkig ‘n doel afgestaan en dus verloor.

Die span bedank almal wat hulle voorspoed toegewens het. Ook ‘n besonderse dank vir Luzaan Combrink wat bereid was om saam met hulle na Pietersburg te gaan as skeidsregter.

Die Hokkie Bokkies van Laerskool Vanwykskraal in aksie.